I
BOER & KASHMIR – 110 jaar na Britse Imperialisme steeds vertrapte volke
Hannes Engelbrecht
HOOFSTUK 1: VERGETE BANDE MET INDIë
-
Foto: Boere krygsgevangenes in Indië, 1 Januarie 1902. Let op dat dit bejaarde mans en jong seuns is wat op afgebrande Boerplase aangekeer is as “krygsgevangenes” terwyl hulle vroue en ma’s na die konsentrasiekampe gestuur is.
Twee van die kleiner volke in die wêreld, Boer en Kashmir, veg steeds onverpoosd vir selfbeskikking meer as ‘n eeu nadat hulle wêreld omgekeer is deur die Britse Imperialisme. Die ironie van hierdie twee volke – duisende kilometer van mekaar en geleë op twee verskillende kontinente – is dat hulle ‘n byna vergete band deel: die Anglo-Boereoorlog.
-
In Suid Afrika het die Afrikaner/Boer deur die toedoen van sy “eie” leiers in 1994 die mag oorgegee aan aan ‘n swart meerderheid onder leiding van die ANC. As ‘n minderheid van 9% is hulle onderworpe aan diskriminerende wetgewing soos regstellende aksie, kwotas, swart ekonomiese bemagtiging en in die alledaagse lewe in veral die openbare sektor word hulle beskou as tweedeklas burgers.
-
- In Kashmir is die kanton vasgevang in ‘n toutrekkery tussen China, Pakistan en Indië, terwyl die inwoners sedert 1947 aangedui het dat hulle as ‘n onafhanklike staat wil voortbestaan. Die dispuut het ontstaan oor die gebrekkige landsgrense wat die Britse besettingsmag in Indië getrek het voor 1947. Die gebied word omring deur Afghanistan, China, Pakistan en die Indiese provinsies Punjab en Pradesh in die suide. Sedert 1989 veg ‘n Kashmir guerillamag onverpoosd teen Indië vir hulle eie onafhanklikheid. Talle voorbeelde van Indië se hardhandige onderdrukking van Kashmir kom byna daagliks voor.
Gedurende die Vryheidsoorlog is sowat 25 000 Boere krygsgevange geneem. Meeste is na St Helena (6000), Ceylon (5126) en Bermuda (3000) gestuur en 1733 is in Suid Afrika gevange gehou. Dit is die krygsgevangenes waaroor daar baie inligting beskikbaar is.
Daar is egter ‘n groot groep krygsgevangenes wat vanaf April 1901 na Indië gestuur is en van hulle is daar byna niks bekend nie.
Hierdie kampe was in Abbottabad, Ahmadnagar, Bellarry, Naina Tal, Dagshai, Amritsar, Trichinopoly, Umballa en andere.
Kommandant TFJ Dreyer van die Potchefstroom Kommando was in die Indiese kampe aangehou. JL de Villiers het uit die kamp by trichinopoly ontsnap, vermom as Indiër, en via Frankryk en Nederland teruggekeer na Suid Afrika. Kommandant Erasmus, ‘n prokureur uit Johannesburg, het die Indiese kultuur begin bestudeer en na die oorlog verskeie lesings gelewer vir die Transvaalse Filosofie-raad, terwyl Mahatma Gandhi van sy werke gepubliseer het in die Indian Opinion. In die Kimberley Museum is ook uittreksels van ene Mostert was krygsgevangene was in Ahmednagar.
Meer as 140 Boerekrygsgevangenes is uiteindelik oorlede en begrawe in Indië.
Na die oorlog het die krygsgevangenes van Indië egter gou vergete geraak. Die klem was op die aaklighede van die Britse konsentrasiekampe en die 27 000 vroue en kinder swat daar oorlede is. Niemand wou beheer neem van die vergete Indiese krygsgevangenes se grafte nie.
Terug by die Vryheidsoorlog het die Britte 1078 Indiërs opgekommandeer vir diens in Suid Afrika. Hulle het diens gedoen as die Natal Indian Ambulance Corps, onder die leiding van Mahatmar Ghandi. Ghandi was egter uitgesproke oor sy steun aan die Boere en veral aan die Boervroue en na net twee maande is die eenheid ontbind. Daar het wel van die dokumente uit hierdie kort tydperk behoue gebly in die Indiese Nasionale Argiewe.
Die Indiese gemeenskap in Suid Afrika het wel ‘n gedenknaald opgerig vir van die Indiese burgers wat tydens die oorlog gesterf het in Steynstraat in Observatory, Johannesburg, alhoewel geen syfers bekend is nie.
HOOFSTUK 2: ONBEKENDE GRAFTE HERONTDEK
-
Foto: Isabel Hofmeyr (Wits) by een van die senotawe wat sy in Indië opgespoor het.
Isabel Hofmeyr, navorser aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het die eerste keer bewus geword van die Boere krygsgevangenekampe in Indië toe sy in 1980 navorsing oor die skrywer Gustav Preller gedoen het. Uit een van Preller se dokumente het dit geblyk dat Preller ‘n krygsgevangene in Bangalore, Indië was.
Dit was egter eers later, in 2009 – ‘n skrale vier jaar gelede – dat Isabel Hofmeyr besluit het om te gaan soek na die Boeregrafte saam met twee geskiedkundiges, Nonica Datta en PK Datta van die Delhi Universiteit in Indië.
Na ‘n vrugtelose soektog deur kerkhowe sien Isabel Hofmeyr tussen onkruid in die Ambala begraafplaas van 23 hektaar ‘n steen met die naam “Van Aswegen”.
“I knew we have found the graves!”
Op die steen is die name van twintig Boere wat in die Ambala-kamp gesterf het. Name, die datum van afsterwe en hulle oorspronklike distrikte in Suid Afrika is opgeteken op die gedenksteen, maar slegs een van die grafte is nog behoue.
“For South Africans, reading a roll of Afrikaans names (De Jager, Van der Merwe, Cronje, Fourie, Pienaar) in the Punjab (present day Haryana) is bizarre, estranging and nostalgic. Zaheda spots the name HJ Pienaar from Bethulie. Her grandmother was a Pienaar from the same town and the monument unexpectedly becomes part of her family archive”, says Hofmeyr.
(Vervolg Hoofstuk 3: KASHMIR-EISE VIR SELFBESKIKKING
-
Foto: Burgers van Kashmir eis hulle selfbeskikking van Indië en Pakistan.
-
Foto: ‘n Kashmiri-vrou wat verdink word van steun vir onafhanklikheid vir Kashmir word hardhandig deur Indiese polisielede verwyder vir ondervraging.
Terwyl Suid Afrika se Afrika-regering ewe knus saam met die menseregteskenders Indië en China in die BRICS-beraad sit en ginnegaap, gaan intimidasie en vervolging van Kashmir in Indië ongestoord voort. Terwyl Guptas, Shaiks en Maharajs skep aan die rykdom van Suid Afrika is daar geen woord oor die onregte wat hulle eie burgers in Indië moet verduur nie.
In 1949 het die Verenigde nasies ‘n resolusie aanvaar oor die grense van Pakistan en Indië en dit het Kashmir skielik in die spervuur laat beland. Kashmir het in 1951 ‘n verkiesing gehou en besluit dat hulle as onafhanklike land sal voortbestaan. Tussen 1965 en 1979 was daar egter baie woelinge rondom Uzbekistan, Bangladesh en veral die sluipmoord op Bhutto wat Kashmir op die agtergrond geskuif het.
Gedurende die tagtigerjare het Pakistan ‘n groot militêre teenwoordigheid op die Kashmir-grens gehad en die gevoel was dat hulle ‘n Moslemteenwoordigheid in Kashmir wou vestig. Vanaf 1989 het ‘n seperatistegroep binne Kashmir gewapende weerstand teen Indië begin met die doel om selfbeskikking en onafhanklikheid af te dwing.
In 2001 het die seperatistebeweging met die hulp van Pakistan aanvalle geloods op die Kashmir-parlement en die Indiese parlement.
Vandag grom Pakistan en Indië steeds vir mekaar en albei maak aanspraak op Kashmir; terwyl die inwoners van Kashmir eintlik net wil aangaan met hul eie lewens in ‘n eie, onafhanklike staat. Pakistan en Indië het al probeer om die geskil ook op godsdienstige grond te regverdig as ‘n stryd tussen Moslem en Hindoe, maar Kashmir met sy diverse godsdienstige bevolking weier om betrek te word by ‘n godsdienstige stryd. Kashmir is tans onder militêre beheer van Indië en menseregtevergrype kom byna daagliks voor.
Griekeland swaai regs
Kort op die hakke van die regse Front National se 20% steun (op vanaf 9%) tydens die Franse presidentsverkiesing volg die volgende bevestiging van ‘n swaai weg van multi-kulturisme in Griekeland. Dit is ‘n wêreldwye tendens wat korrek voorspel is deur BKA – die besef dat verskillende kulture nie in dieselfde grondgebied vreedsaam kan saamleef nie.
Terwyl dit in Suid Afrika ‘n geval is van botsende belange tussen die westerse lewensbeskouing (wat die basis is van ons eis om selfbeskikking en onafhanklikheid) en die Afrika kultuur wat op ons afgedwing word; is die kwelvraag in Europa tussen die onderskeie lande se etniese/kulturele behoud en die ongekontroleerde instroming van immigrante uit die Ooste en Afrika wat dan regte opeis vir hulle volksvreemde tradisies, godsdienste en gebruike.
Die groei in nasionale bewussyn is beslis die nuwe tendens in die wêreld, met die klem op etnisiteit en eie lewensbeskouing. As Afrikaner/Boer vind ons nou vir die eerste keer begrip vir ons situasie van groter groepe in veral Europa en vind ons ook dat die diskriminerende praktyke en moorddadige aanslae op wittes in Suid Afrika in baie van hierdie groepe se verkiesingsveldtogte gebruik word as voorbeelde van hoe multi-kulturisme kan skeefloop.
Die groei in regse denke word nie net gemeet in die verrassende verkiesingsuitslae nie, maar ook hoe die meer pragmatiese partye na regs neig noudat hulle die groei van die regses self sien.
In Griekeland het die regse party Golden Dawn van Nikoloas Mihaloliakos (wat in uniform, gedrag en embleem herinner aan die AWB van ouds) dramaties gegroei van 0,23% van die steun tot 6,9% steun en 21 setels in die Griekse Parlement. Politieke ontleders in Europa is dit eens dat die groei van Golden Dawn grootliks verantwoordelik is vir die politieke chaos wat na die verkiesing in Griekeland heers. Dit is die eerste keer dat ‘n regse party in Griekeland verteenwoordiging in die Parlement kry sedert 1974.
Nes die Front National in Frankryk (en ook ons in Suid Afrika) het die nuusmedia Golden Dawn totaal geignoreer en was hulle veldtog grootliks deur sosiale netwerke en die internet gevoer. Met sy eerste persverklaring na die verkiesing kon Mihaloliakos dus leedvermakerig vir die media sê: “Veni. Vidi. Veci. You defamed me; you shut my mouth – and I won! This is just the beginning for what is happening all over the world. You who betrayed Greece, should be scared now”.
Die naelstring tussen Vlaming en Boer
Terwyl ons toenemende steun uit alle wêrelddele begin kry teen die volksmoord op wittes en ons reg tot selfbeskikking is daar veral een volksgroep wat die Afrikaner/Boer onvoorwaardelik steun: Vlaandere.
Van waar kom hierdie toegeneentheid van Vlaminge teenoor die Afrikaner? Eerstens het hulle eerstehandse kennis van Afrika met ‘n bitter geskiedenis van die Mau Mau en uhuru in die destydse Belgiese Kongo.
Tweedens, en die belangrikste, is dat Vlaandere en die Afrikaner/Boer byna sy aan sy ‘n stryd gevoer het teen taal- en volksverdrukking. Die toevalligheid dat albei tale van dieselfde taalfamilie afstam, maak hierdie twee stryde net groter genote.
-
Terwyl die eerste Afrikaanse Taalbeweging aan die gang was om te stry teen Engelse oorheersing, het Vlaandere ook sy stryd aangeknoop teen die Franse deel van België. Volgens Paul Fredericq en Dosfel was die Vlaamse Beweging ‘n verdedigende refleksbeweging teen die ondergang van die Vlaamse volk.
Met die koppeling van Afrikaans as bevrydingstaal vir die volk in Suid Afrika sedert 1902, beskryf Lamberti hoe die Vlaminge sedert 1900 ook die “Vlaamschzijn” aan hulle taal gekoppel het om uiteindelik uit te loop op ‘n eie Vlaamse staatsmag.
-
Meer nog – albei groepe het in daardie stadium uit ‘n toestand van taalverval gekom waar die etniese tale verdring is deur enersyds Engels en andersyds Frans. “Het Vlaamsche verval is in hoofdzaak een periode van geestelike onvrugbaarheid geweest”, kan net so van toepassing op Afrikaans gemaak word. Van den Heever beskryf dit so: “Wanneer ons oor verraaiers, renegate en vlae begin skryf, rym en dig ons nie meer nie”.
Uit hierdie verval het toonaangewende skrywers die twee tale Afrikaans en Vlaams sy aan sy mettertyd begin vestig. In Vlaandere het die groot Wes-Vlaamse digter Guido Gezelle se werk as volksskrywer ook Afrikaanse skrywers soos Jan FE Celliers en Totius begin beinvloed. Totius was op daardie stadium in Nederland en Leipoldt het vanuit Londen die Vlaamse skryfkuns omarm.
-
Asof met ‘n onsigbare koord verbind het Vlaming en Afrikaner langs mekaar in twee rigtings begin ontwikkel: “Bij het ontstaan… werkte het gevoel vooral… en werd inzonderheid op die historisch-nationale waarde van onzer taal gewezen. Het volgende geslacht gaf ons letterkunde… en dan een bloeiende letterkunde maar ook een wetenschap. Het verstand voegde zich bij het gevoel”. Hierdie woorde oor die Vlaamse Beweging kan net so, woord vir woord, op die Afrikaner/Boer se taal- en volksbeweging van toepassing gemaak word!
-
Terwyl Vlaams en Afrikaans dieselfde oorgang van geskiedenis-romantiek gemaak het na werklikheid, het daar ‘n nuwe beginsel bygekom: beide tale en volke as houers en behoeders van die westerse lewensbeskouing, soos Vermeylen sê: “om ‘n geestelike belewing te onthul in ‘n styl… met ‘n behoefte aan suiwerheid van woord, van beeld en van idée”. Byna op dieselfde tydstip vind die Vlaming en Afrikaner/Boer wasdom dus in volkskap met ‘n eie taal, lewensbeskouing, eie westerse uitvoerende en beeldende kunste, eie kultuur.
De Raet het hier Vlaminge aangemoedig om te besef dat dit nie nou net meer oor taal en letterkunde gaan nie, maar dat dit nou inderdaad die volwassenheid is van ekonomie, volkskap, tegnologie, onderwys en ook die materiële kant van volkskap – presies soos in Suid Afrika!
-
Laastens – en dis waar beide die Vlaming en die Afrikaner/Boer hulle tans bevind – klink Lamberty se Vlaamse aanmoediging ook vir ons as ‘n slagkreet teen die Afrika-oorheersing: “Het ging hier niet om een strijd tussen twee twee talen… maar om de stryd tusschen twee cultuurwaarden, tussen twee geestelijke aantrekkingskrachte…”
Dan sluit hy af: “Die oorwinning moet kom, want… dit gaan oor wie die grootste aantrekkingskrag het van vorm, kleur en inhoudsrykdom… wie die hoogste waardes het”.
