top of page

Reg op Grond

Duur verwerf op

regverdige,

erkende

praktyke

GRONDEIS 1: Wettig gekoopte volksrepubliek Ohrigstad

(Oorspronklike dokument Staatsargief, Pretoria R117/46 gedateer  25 Julie 1846)

Ek, die ondergetekende Massous, koning van die Zoeloes/Swazis, seun van Supossa verklaar hiermee….

…. Grond gelegen aan Ohrigstad vandaar noordwaarts tot aan Olifantsrivier en af tot aan die lyn van Delagoabaai, suidwaarts tot aan die Krokkedilrivier, weswaarts tot aan Elandspruit en tot aan die 26ste graadlyn, ooswaarts tot waar die Krokkedilrivier in die Komati loop….

…. Verkoop aan die Hollandse Suid Afrikaanse nasie vir 100 stuks aanteelvee, betaalbaar in twee paaiemente….

Geteken: Masous, geteken Samkoela (afgevaardigde van die koning), geteken Kommandant Burg, veldkornette WF Joubert, L de Jager, JC Steyn en JM de Beer.

As getuies: Marienkaan, Mandalea, Jacob Lotter, H Breytenbach, PJ Coetzer.

…………………

(Oorspronklike kwitansie document in Staatsargief, Pretoria, gedateer 5 Februarie 1860 onder hand van goewermentsekretaris NJR Swart).

De eerste pay is afbetaald volgens accoord en de tweede pay betaald January 1856 volgens koopbrief van 21 Julie 1855. Aldus gedaan en getekend den 5de February 1860 door Sobangla, Maloenke, Jogo, Santlant, Omglagen, Malayde, Kaompeunis, Kampa en Kommandant-generaal WF Joubert, FJ Joubert en GH Joubert.

…………………..

Eis om grondgebied in Ohrigstad deur ses onderdane van Sapthoba gehou in Staatsargief adR142a/48 met Philk Coetzer as tolk. Gedurende die hofsaak kom na vore dat die ses opgesteek is deur “een baster” en die koning van Mantatese. Die eis word afgekeur na getuies erken “dat het verhandelt is, 50 beesten nu en 50 over twee jaren” en dat die Boere “heef hun nog een bul gelaten”.

GRONDEIS 3: Verowerde, onbewoonde gebied Zeerust, Marico, Buhrmannsdrift (presies vyftig plase).

** DIE NAGESLAGTE van hierdie plase sal waarskynlik ‘n eis teen die Staat hê aangesien hulle grond op politieke gronde onteien is om aan Bophuthatswana te gee volgens die Tuislandbeleid na 1913.

 

Gedurende die 1830’s het Mzilikazi se troepe alle swart stamme in die gebied uitgewis. Die Baharutse onder stamhoof Diutlweng was van die slagoffers. Die oorspronklike naam van die gebied is dan ook “Madigo” – wat beteken “daar is bloed”.

Die Voortrekkers het na die Negedaagse Slag van 1837 besluit om die onbewoonde gebied te betrek.

Die eerste Voortrekker wat die gebied binnegetrek het was Daniël van Vuuren (van Vore) en hy het die plaas Wilgeboomspruit vir hom afgemerk.

* Hierna het die volgende Boere hulle daar gevestig (naam, plaasnaam volgens aktekantoor) –

Jan Viljoen op Vergenoeg; Okkert Oosthuizen op Klaarstroom; Hans Terblanche op Uitvlug; Daniël van Vuuren op Wilgeboomspruit; LA Slabbert op Buffelshoek; Petrus Jacobs op Jacobsdal; Koos Snyman op Witrand; Louw Erasmus op Die Putte; Jan Meintjies op Doringfontein; Frans Joubert op Groot Marico; Johannes Grobler deel van Groot Marico; Daniël Rossouw op Enselsberg; Frans Naude op Driefontein; Casper van Zyl op Uitvlug; Matthys Potgieter op Sterkfontein; Louw van Niekerk op Sendingsplaas; Albert Meintjies op Saalkop; Piet van der Westhuizen op Winterhoek; Daniël Oberholzer op Oberholzerskloof; Piet Venter op Twyfelspoort; Gideon Volschenk op Wilgeboomspruit; Jan Nel op Kruisrivier; Gert du Toit op Rooigrond; Jan Bender op Wonderfontein; Riekert op Haasenjacht; Jan Roode op Malopo-oog; Botha op Trekdrift; Carel Wyeyers op Buhrmannsdrift; Frans Weber op Polfontein; Dolf Scheepers op Kruisrivier; C Coetzee op Makokskraal; C Louwrens op Brakfontein; Theuns Meyer op Rietvlei; Daantjie Malan op Uitvlught; Ernest Potgieter op Bokkraal; Willem Fourie op Brakfontein; Johannes Grobler op Wonderfontein; Gieljam Oberholzer op Kraaloog; Hendrik Joubert op Driefontein; Kallie van der Merwe op Bergvliet; Kalie Swart op Kalkfontein; Adriaan Engelbrecht op Kwaggafontein en Suurfontein, Kommandant Enslin op Enselsberg.

Na die Slag van Boomplaats van 1848 is die volgende persone beloon met plase in die onbewoonde gebied:

AJ Gronum op Weltevrede; Hans Coetzee op Kalkdam; kommandant Jan Mocke op Mosega; Filippus Benade op Buhrmansdrift; Roelf Lee op Kafferskraal; Christoffel Snyman op Kwaggafontein; Izak Buys op Sendelingspos.

GRONDEIS 2: Magaliesburg, Rustenburg, Krugersdorp

(oorspronklike dokument gehou in Staatsargief, Pretoria onder R49/39)

De Verklaring van de Kafferskapteyn op den 12 dag der maand October 1939.

Verklaring voor die hof, mondelinge getuienis) van die opperhoof van die Maroetsies met die naam Matatilie:

Dat Mzilikaze (Silkaats) die grondgebied van Magalie, Magotla, Maselon, Pilana en Ramatlapee ingeneem het deur alle stamme te vermoor en te verdryf onder leiding van genoemde Matatilie en Gousie Tawana Maroeka Maatjawe;

Hulle verklaar onder eed dat die verrineweerde land na Mzilikazi se vertek ingeneem is deur kommandant AH Potgieter en dat “geen andere volkstammen daar regt op heef dan de gemelde AH Potgieter en sy mensen”.

Na die getuienis, bevestig Mattjawee, opperhoof van die Marollas dieselfde.

* Die stuk is gewaarmerk.

GRONDEIS 4: HELE WES KAAP BESET DEUR VRYHEIDSSTREWE

GESKIEDENIS: 16 APRIL 1707: ADAM TAS word vrygelaat uit die gevangenis na sy lang stryd teen grondonteiening en korrupte regeringsamptenare.
Op 22 Februarie 1707 jaag ‘n jong man te perd deur Stellenbosch se strate en skree: “Victorie! Victorie!” Dit was die bewys dat Adam Tas en die Vryburgers hulle stryd teen goewerneur WA van der Stel en sy korrupte amptenare gewen het.
So het die eerste “grondonteiening” in Suid Afrika ten einde geloop. Die Vryburgers het ‘n stryd gewen waar WA van der Stel en die Here XVII sowat ‘n derde van die landbougrond in die Kaapkolonie aan regeringsamptenare toegeken het en ook regulasies deurgevoer het dat die VOIK slegs van hierdie amptenare landbouprodukte mag aankoop. Hierdeur het die VOIK beheer gekry en ‘n monopolie gehad oor die verkoop van wyn, vleis, koring en vis.
Adam Tas en Henning Husing het ‘n petisie opgestel oor die korrupsie aan die Kaap en dit na die Nederlandse regering gestuur. WA van der Stel was woedend en het Tas en nog ‘n Vryburger-opstandeling, Jacobus van der Heiden, gearresteer en in die Kasteel opgesluit. Dele van Tas se dagboek is deur Van der Stel vervals om hulle burgeropstand onwettig te verklaar en daar is op byna 50 Vryburgers toegeslaan wat die petisie onderteken het.
Die Nederlandse regering het gereageer en Van der Stel en die landdros Johannes Starrenburg se aanstellings teruggetrek. Die “grondonteiening” is ook dadelik gestop en al die plase is aan die Vryburgers terugbesorg.
Dit was ‘n reuse-oorwinning vir die Vryburgers as ‘n onafhanklike “volk” en jongmanne soos Hendrik Briebouw het in Stellenbosch amptenare uitgejou en ‘n groot fees gehou – waar Briebouw ook die eerste was om te verklaar: “Ik ben een Africander”.
Adam Tas is op 16 April 1707 vrygelaat uit die gevangenis en het sy plaas se naam verander na Libertas (Tas is vry).

bottom of page