top of page

DIE DOODGESWYGDE REBELLIE
Hannes Engelbrecht
Selfbeskikking en die vryheidstrewe na ‘n eie Republiek is eie aan die Afrikaner/Boerevolk en is reeds sedert dieVryburger-dae onlosmaaklik deel van die volk. Oorloë is daaroor gevoer teen die Nederlande, inheemse Swart stamme en die Britse Ryk.
Die Tweede Vryheidsoorlog teen Brittanje se vegtersaan Boerekant word steeds gehuldig, selfs deur die mees liberaleAfrikaanssprekende witmense. Bok van Blerk sing ‘n liedjie oor Koos de la Rey; Max du Preez besing Nonnie de la Rey se deugde; Beeld berig liries oor Christiaan de Wet; Rapport plaas ‘n beriggie oor Jopie Fourie. Op die oog af word die politieke en weerstandsoptrede van die ou Boerehelde steeds gehuldig.
Maar is dit wat op die oog af na huldiging lykwerklik huldiging of is dit ‘n mistasting van imbesiele wat iewers die klokhoor lui het maar nie weet waar sit die bel nie?
VRYHEIDSOORLOG: Daar is geen twyfel dat die Vryheidsoorlog teen die Britse Ryk gegaan het oor onafhanklikheid van die Boererepublieke en selfbeskikking vir die Afrikanervolk nie. Dit is waaroor dit vir De la Rey, De Wet, Maritz, Beyers en andere gegaan het – niks anders nie!
Met vredesluiting by Vereeniging is hierdie ideaal tot niet gemaak deur die insluiting van Natal en die Kaapprovinsie in die nuwe Unie van Suid Afrika (die sogenaamde eenheidstaat wat weer in 1994 ook die wekroep sou wees vir die ANC en De Klerk se eenheidstaat). In hierdie staat sou Engels tot groot mate die spreektaal wees, die Engelssprekende sal geakkommodeer word ten spyte van die verskille met die etniese drome van die Boere. Dit sou Eutopia wees.
Dit is tot by hierdie “wonderlike eenheidstaat”, die Unie van Suid Afrika, waar NasPers en die liberaliste nog die Boerehelde as hulle eie opeis. Dit is tot by hierdie party-politieke stelsel geskool op die Britse Westminster-model waar slappes nog aan Zuma en sy trawante uitwys dat die Afrikaners/Boere die eerste vryheidsvegters was.
Maar was dit die einde van ‘n era en die begin van die eenheidstaat-sprokie?
Nee!
Die selfbeskikkingreg, vryheid en strewe na ‘n eie Republiek het steeds in die ou Boerevegters gebrand, maar dit is diedoodgeswygde geskiedenis van ons volk:

REBELLIE 1914
In September 1914 het Eerste Minister Louis Botha indie Parlement bekendgemaak dat die Unie van Suid Afrika van voornemens was om Duits-Suidwes binne te val as deel van die Geallieërde Magte en onder bevel van Brittanje.
Die ou Boeregeneraals het onmiddelik die geleentheid gesien om hulle eie Republieke te herwin en weer onafhanklik te raak van Brittanje.
Generaal Barry Hertzog het verklaar: ”The question of independence is one that has been in the minds of people since peace, in an academic and theoretical way. I do not think there is one man in South Africa who does not believe that eventually, in 50, 100 or 500 years’ time, we are going to have independence. That! I think, (especially amongst the Dutch-speaking people of the Union) has always been, and is today, their hope – and after all that is the highest hope any nation or people can entertain – namely independence.”

LE Neame skryf in Brittanje: ”To think that the South African Dutch would readily forget the grievances and the ideals of a hundred years, was to misread their dogged characters. “
Generaal Koos de la Rey het sy ondersteuners in WesTransvaal vergader; generaal Christiaan de Wet het die Vrystaatse burgers opgeroep; generaal Christiaan Beyers het sy posisie as bevelvoerder van die Unie-weermag in Transvaal gekompromiteer deur teen die regering in opstand te kom; kaptein Jopie Fourie en generaal Manie Maritz het dadelik ingeval by die Rebellie teen die Unie van Suid Afrika se eenheidstaat.

Die botsings tussen Botha en Genl. Hertzog het toegeneem en Hertzog is uit die kabinet gelaat. By Hertzog het twee oortuigings begin posvat: dit was nutteloos om met die Engelse te probeer saamwerk, tensy hulle bereid was om die regte van die Afrikaner te erken; en die verhouding vandie Unie tot Brittanje berus op ’n grondslag wat onversoenbaar is met die Afrikaner se idee van vryheid.
Op 7 Januarie het ’n klomp rebelle in Bloemfontein byeengekom. Hier is besluit om die Nasionale Party te stig. Daar was mense wat gemeen het dat besliste optrede uit die staanspoor nodig was. Onder hulle was Genl. de la Rey. Binne ’n dag of twee nadat Brittanje op 4 Augustus tot die oorlogtoegetree het, is kommandeerbriefies in die Lichtenburg distrik rondgestuur met ’n bevel aan burgers om op 15 Augustus met hul wapens en mond-provisie vir agt dae op Treurfontein te verskyn. Dit was eg na die ou Republikeinse trant. Op 11 Augustus het die magistraat van Lichtenburg, mnr. JC Juta, van die saak gehoor en die regering daarvan in kennis gestel.

Genl. Beyers het ’n telegram aan Genl. De la Rey gestuur om hom te versoek om hom eers Vrydag op sy kantoor te Pretoria te kom spreek voordat hy Saterdag die vergadering op Treurfontein gaan toespreek. Intussen het ook Genls. Botha en Smuts 'n versoek gerig aan Genl. De la Rey om na Pretoria te kom.
Op 13 Augustus was Genl. De la Rey in Pretoria waar hy op die stasie deur Mev. Botha ontmoet is en dadelik na haar woonhuis geneem voor iemand anders nog 'n kans had om 'n woord met hom te wissel. Genls. Botha en Smuts en Min. H.J. de Wet en Genl. Schalk Burger het die grootste gedeelte van die nag probeer om Genl. De la Rey tot ander insigte te bring. Hy is toe terug na Lichtenburg en het die burgers toegespreek en hulle gemaan om voorlopig 'n besadigde houding in te neem.
Ten einde die gevoelens van die manskappe te toets,het Genl. Kemp op 15 September drie van vier regimente op 'n parade toegespreek. Hy het gevra hoeveel van hulle gewillig was om aan die ekspedisie teen Duits Suid Wes Afrika deel te neem. Van die byna duisend man het slegs 130 hulle gewilligheid te kenne gegee, terwyl 800 geweier het. Van die stem van hul manskappe verseker, kon die offisiere die koms van Genl. De la Rey afwag. Teen alle verwagting in het Genl. De la Rey hom nie met die trein oor Kimberley na Potchefstroom begeef nie. Hy het oor Bloemfontein gegaan en in Johannesburgop 15 September aangekom. Genl. De la Rey het reeds sedert sy vertrek uit Kaapstad bemerk dat hy deur speurders agtervolg word. Na groot sieleworsteling het Genl. Beyers besluit om sy betrekking as Kommandant-Generaal neer te lê, aangesien hy hom met die besluit om Duits Suidwes Afrika aan te val nie kon vereenselwig nie. Genl. Beyers het sy bedanking as 'n protes teen die besluit van die Parlement gesien. Genl. Beyers het hom laat oorhaal om per motorkar met Genl. De la Rey na Potchefstroom te gaan. Die twee manne het egter nooit in Potchefstroom aangekom nie, want in Johannesburg is op die motor waarin die twee manne gereis het gevuur deur die polisie en Genl. De la Rey is gedood.

Toe Genl. De la Rey op 20 September in Lichtenburg begrawe is, het die toestand vir die regering daar nie so alte rooskleurig uitgesien nie. 'n Paar duisend mense het op Lichtenburg saamgekom. Onder die aanwesiges was ook Genls. Botha en Smuts, De Wet, Beyers en Kemp. Eersgenoemde twee se ontvangs was nie van die aangenaamste nie.
Die eerste protesvergadering het reeds die dag na die begrafnis van Genl. De la Rey op Lichtenburg plaasgevind. 'n Kommisie bestaande uit Genls. De Wet, Beyers, Kemp en Liebenberg is verder benoem om in die saak op te tree. 'n Telegram met die protesbesluit is na die regering in Pretoria gestuur. Daar is ook versoek om die antwoord aan Genl. Beyers te stuur. 'n Antwoord is egter nooit ontvang nie. Die regering het besluit om die saak eenvoudig te ignoreer.

Eindelik was dit openlik rebellie want dieregeringstroepe het begin skiet. Spontaan het klein kommandos gevorm, meestal onafhanklik van mekaar. Naby Pretoria het Genl. J.J. Pienaar en Komdt. Josef (Jopie) Fourie die regeringstroepe 'n paar keer 'n nederlaag besorg. Later is Genl. Pienaar gevang. Eindelik is Jopie Fourie met sy manne ook gevang op 16Des. 1914. Hy is daarop na Pretoria geneem waar hy deur 'n Krygsraad tot die dood veroordeel is. Nadat Dr. DF Malan, Ds. CA Neethling en ander Afrikaners tevergeefs by Genl. Smuts probeer het om die vonnis verander te kry, is Jopie Fourie op Sondagmôre 20 Desember1914 in die Pretoriase tronk gefusilleer.
Veral uit die Noord-Vrystaat het rebelle hulle in hul duisende aangemeld. In die suidweste van die provinsie het net Brandfort en Dewetsdorp aan die rebellie deelgeneem. In die vrugbare en meer welvarende oostelike deel van die provinsie was die rebellie beperk tot Ficksburg onder die invloed van Bethlehem, waar die kern van die opstand was en Smithfield, die kiesafdeling van genl. JBM Hertzog.
Van die nagenoeg 11 000 rebelle was 3 000 uit Wes-Transvaal afkomstig en net meer as 1 000 uit Kaapland. Die res was Vrystaters.
Genl. De Wet is op die Betsjoeanaland-grens gevang toe hy probeer vlug het voor die Unie se troepe en genl. Beyers het in die Vaalrivier “verdrink”.

DIT IS DIE GESKIEDENIS VAN DE LA REY, DE WET EN BEYERS: HULLE DROME VIR SELFBESKIKKING EN ‘N EIE REPUBLIEK IS NOG NIE VERWESENLIK NIE.

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • google-plus-square
bottom of page