top of page

TEOLOGIESE VERSKILLE TUSSEN WESTERLING EN AFRIKAAN

Oor die praktiese implikasies van die westerse lewensbeskouing en die Afrika kultuur wat onversoenbaar is, is al baie geskryf. Slegs een teoloog, Prof John S Mbiti van die Universiteit van Makerere in Uganda, het die moed van sy oortuiging gehad om ‘n politiek-inkorrekte verhandeling te skryf oor die verskil in die “christelike geloof” tussen die Westerling en Afrikaan. Dit is meestal ‘n onderwerp wat taboe is vir die teoloë en kerkgenootskappe in Suid Afrika.

Prof Msibi se verhandeling, gepubliseer deur Oxford Press, is gesaghebbend in die opsig dat hy dit uit eie ervaring en uit deeglike navorsing gedoen het.

Volgens Msibi is die naam Mulungu, Mumbi, Mwatuangi, Modimo en Ngai in Afrika te vinde as name vir ‘n Skepper, MAAR uit sy navorsing het die name nêrens voorgekom voor die koms van die Westerling na Afrika nie.

Die Skepping in tipiese Afrika kultuur is van ‘n man en vrou wat uit ‘n gat in die grond gekom het. ‘n Hakkelende verkleurmannetjie het aan hul die boodskap gebring dat hulle vir ewig sal lewe, maar voordat hy met sy hakkel hulle kon inlig het ‘n voël die nuus gebring dat hulle eendag sal sterf.

Voorvadergeeste (Aimu) speel ‘n belangrike rol vir tot drie en vier geslagte na hulle dood. Hierdie word genoem die “lewend-dooies”. Voorvaders wat langer as vier geslagte dood is het aanbeweeg na ‘n land presies soos waar hulle gebly het (later meer hieroor).

Volgens Msibi se navorsing was die enigste rede vir die aanvaarding van die “christelike geloof” vir die Afrikaan gegrond op die materiële. Sy kinders kon deur sending ‘n opvoeding en werk kry; maar daarna is dadelik weer terugbeweeg na die Afrika-godsdiens en tradisie. Hy lig veral die volgende tradisies uit wat voorrang geniet bo die “christen-geloof”: huweliksgebruike, die magiese en toorkuns, tradisionele genesers (sangomas); en die tradisionele maniere om probleme, siekte, onvrugbaarheid en ongeluk te handel.

TEOLOGIESE VERSKILLE soos opgeteken deur Prof Msibi:

 

 

  1. Hy vind dat die Afrikaan “tyd” verstaan as twee-dimensioneel met ‘n lang verlede en ‘n dinamiese hede, maar geen erg aan ‘n toekoms nie. Die teologiese probleem ontstaan wanneer ‘n sendeling of teoloog oor die “toekomstige verlossing” of ‘n “wederkoms” praat, want dit is ‘n begrip wat buite die Afrikaan se verwysingsraamwerk val. “Tyd” vir die meerderheid Afrikane loop terugwaarts na die verlede en nie vorentoe na ‘n toekoms nie. Geskiedenis is byvoorbeeld dus nie ‘n rigtinggewer vir die toekoms nie, maar ‘n verwysing na die fondamente vir die hede. Om dit te bewys het Msibi swart tale ontleed en gevind dat daar gemiddeld net sowat drie “toekomstige tye” is, teenoor gemiddeld nege “verlede tye” in die spreektaal.

  2. Die Afrika kultuur is gegrond op die ritme van die aarde. Dit word verstaan as ‘n ewige kom en gaan. Die “einde van die wêreld” is dus ‘n heeltemaal onmoontlike begrip, want die ewigdurende ritme gekoppel aan die tydsverloop na die verlede en nie na die toekoms nie maak ‘n einde van die wêreld ‘n onmoontlikheid.

  3. Terug na Msibi se navorsing oor die drie toekomstige tye in die Afrika-kultuur: Hoe die Wederkoms ookal oorgedra word in enige van hierdie drie tye is nie effektief nie. In die eerste instansie dui die toekomense tyd op “binne ‘n paar maande”; in die tweede instansie beteken dit die persoon wat die nuus bring het die ander persoon buite die kraalmuur gelos en hy sal binne ‘n paar minute daar wees; en in die derde instansie beteken dit “hy sal kom voor jy dood is”. Dit is dus onmoontlik om die Wederkoms aan ‘n Afrikaan te verduidelik omdat hul begrip van tyd heeltemaal anders is.

  4. Msibi vind ook dat daar ‘n groot verskil in interpretasie is tussen die christelike godsdiens se “maak vir jou skatte bymekaar in die hemel” en dit wat die Afrikaan glo. Die hemel en hel is volgens tradisie slegs twee verskillende plekke wat lyk nes die aarde. Oorledenes word deur rituele ingewy in die nuwe blyplek en gaan met sy/haar lewe voort net soos op aarde (net in ‘n ander dimensie). Jesus is die middelman wat die oorledene lei na een van die twee “wêrelde”, maar omdat daar nie ‘n toekoms is nie, is die blyplek dieselfde as op aarde.

SAKRAMENTE:

Die Nagmaal en Doop word heeltemaal anders verstaan as in die westerse samelewing. Kort na die geboorte hou die familie ‘n fees waartydens die baba ‘n naam gegee word en die huis gereinig word; en op ouderdom ongeveer 15 vind die rituele besnydenis plaas. Voor dit is die kind ‘n “dit” en nie ‘n mens nie. Sover Msibi kon vasstel het geeneen van die twee seremonies enige godsdienstige waarde nie. Hy stel dit so: “God is utilized and not worshipped”.

Hy reken die christelike doop druis in teen die Afrika kultuur, want dit sal van die kind ‘n mens maak eerder as ‘n “dit”.

 

Hierdie is slegs enkele van die begrippe wat Msibi in sy verhandeling uitlig wat die werklike westerse godsdiens heeltemaal onbegryplik maak vir die Afrikaan. Wanneer ons dus praat van ‘n “christelike nasie” in Suid Afrika en luister na die uitsprake van Zuma, Malema en andere oor Jesus, die godsdiens en die geestelike lewe moet ons besef dat die begrip “christelike geloof” geheel en al verskil tussen Westerling en Afrikaan. As jy praat van “hemel” en die Afrikaan praat van “hemel” is dit twee total verskillende begrippe. As jy praat van Wederkoms en Uitverkiesing, is dit in die Afrikaan se begrip iets heeltemaal anders.

Volksvryheid en taal loop hand aan hand

KORT GESKIEDENIS

Reeds in 1658 word die eerste skool in die Kaap gestig onder Pieter van der Stael om slawekinders, Hottentotte en die Franse Hugenote-aankomelinge te onderrig in Nederlands. Hy vind egter gou dat selfs nie eens ‘n “crouze brandewyn ende 2 duim tabak” as omkoopgeld die Hottentotkinders na die skool lok nie en die skool loop spoedig dood.

  • Gedurende 1676 word besluit op aparte skole vir die verskillende bevolkingsgroepe om die ontwrigting wat die Hottentotkinders veroorsaak teen te werk. So begin die vrygestelde slawe Jan Pasqual en ene Margaret in 1685 die eerste slaweskool. Intussen assimileer die Vryburgers en Hugenote se kinders vrywillig rondom die Nederlandse onderrig. In 1779 is daar reeds 696 leerlinge in 8 skole, waarvan 82 slawekinders is.

  • Reeds in 1795 merk die skole dat Afrikaners as ‘n aparte nasionaliteit beskou moet word omdat hulle taal merkwaardig verskil van Nederlands en ook dat die Franse Hugenote binne vier geslagte total ver-“Afrikaans” het. (Die term Afrikaner is reeds sedert 1735 gebruik om die nuwe volk-in-wording te beskryf).

Hierdie verloop van ver-Afrikaansing en volkskap se tydlyn verloop min of meer as volg:

  • In 1685 merk HA van Rheede in ‘n verslag op dat die bevolking se taal ‘n “afwyking toon van Nederlands”;

  • In 1706 rapporteer die Kaapsche Hof afwykings in hulle notules en verklarings, byvoorbeeld “ons het” in plaas van “wij hebben”.

  • In 1732 merk Otto Mentzel op dat die taal van die Vryburger geheel en al verskil van Nederlands en hy identifiseer hulle as aparte volk met die term “Afrikanische Boeren”.

  • In 1773 teken Hendrik Wikor ‘n hele lys van woorde aan wat gladnie verband hou met Nederlands nie, soos byvoorbeeld “renoster, beeste, trop, klapperdop, ongedierte, pampoen…”

  • De Mist rapporteer in ‘n verslag uit 1803 dat die “Afrikaansche Boeren” hulle jagverhale vertel in ‘n “kort, kragtige Afrikaansch-Hollandse taal”.

Binne die bestek van net vier geslagte ontstaan daar in suidelike Afrika uit Nederlander, Vryburger, Hugenoot en Duitser ‘n eie, etnies-identifiseerbare volk met ‘n eiesoortige taal.

MAAR ONS grootste moment as eie volk met eie taal gebeur in 1860 met ‘n los byvoegsel in The Cradock News – die geboorte van Afrikaans as skryftaal en as vryheidstaal vir die Afrikaner/Boer:

Dit is nie om dowe neute dat Meurant, ‘n magistraat van Cradock, besluit om sy skrywe van “Klaas Waarzegger en Jan Twyfelaar” juis in Afrikaans te skryf nie, want dit omvat ook die politieke ideaal van onafhanklikheid van die Oostelike Provinsie van die Brits-beheerde Kaapkolonie. Hiermee sluit hy aan by die vryheidsideaal van Trekkerleiers soos Trichardt wat hulle ideale verwoord in Afrikaans wat duidelik onderskei kan word van Nederlands.

  • Die “Afrikanische Boer” gebruik sy eie “Afrikanische Nederlands” om sy politieke vryheidsideaal te eis! Hiermee word volksvryheid en taal byna as sinoniem gebruik; onlosmaaklik deel van mekaar.

  • CM van den Heever, wat deur sy navorsing en deelname ten nouste saamgewerk het met die simbiose tussen volk en taal, skryf in 1941 dat “die Afrikaanse beweging gladnie gedra is deur die massa nie – dit is aangevoer deur besieldes, deur intellektuele kragte wat voortgedryf was deur nasionale idealisme”. Die groot massa, sê hy, volg die besielde volkspolitikus en volksskrywer maar langsaam. Die intellektueel en politikus het verstaan dat Afrikaans as westerse spreektaal die medium is om die volksidentiteit apart van die Afrika-kultuur te laat ontwikkel binne ‘n eie lewensbeskouing en eie westerse beskawing wat sal lei tot onafhanklikheid.

  • Hieruit spruit noodwendig dat Afrikaans ook ‘n rassetaal is, gekoppel aan die “volk”. Reeds in 1729 skryf De Jongh dat daar onderskeid is tussen die Hottentot, slaaf en die wit bevolking: “Op de naam van Africaan is hy trotsch: Kaapse Burger schyn hem een grootse titel”. Van den Heever sê deur die letterkunde (van Afrikaans) kry ons bepaalde gedagtes en opvattinge, van rigtings en oortuigings – van westerse kultuur- en volkslewe. Prof MacCrone van Wits vervat dit as: “race attitudes are the social products of the group whose individual members have been exposed to the same psycho-social environment for a length of time”.

BOGENOEMDE bring ons by die eerste GROOT LEUEN in Suid Afrika: die mak waghonde van NasPers en geintegreerde organisasies soos die ATKV, Solidariteit en die Taalraad se stelling dat:

“Afrikaans behoort aan almal wat dit praat”. Daarom die klem op “Afrikaanses” eerder as “Afrikaner” om aansluiting te soek by die Kleurling.

  • Daarop kan ons antwoord: Afrikaans hang af van die taal- en volksaktivis, nie van die massa praters nie. ‘n Sogenaamde Afrikaanse kunstenaar wat praat van “show”, “band” en “awesome” is geen taalaktivis nie en sal nie die voortlewing van taal of volk (wat onlosmaaklik verbind is) bevorder nie. Presies dieselfde was die geval met taal en volk onder Britse bewind in 1806 waar geskiedskrywers die “verengelsing” opgemerk het en waar dit aan die taal- en volksaktivis oorgelaat was om intellektueel die politieke- en taalbalans te herstel. Dieselfde het hom weer afgespeel na 1902, waar dit weereens die volks- en taalpuris was wat moes walgooi teen verengelsing. Dieselfde speel hom nou weer na 1994 af. In geeneen van hierdie drie gevalle was dit die “taalspreker” of die anderskleurige wat die taal en volk omarm het nie – dit was die taalpatriot en die westerse etniese volksgroep wat die taal se voortbestaan verseker het. Die massa is doodgewoon nie gepla oor taal of volk nie. Die westerse taal en westerse volkslewe sal weer bly voortbestaan as gevolg van ‘n klein groepie besielde vryheidsvegters wat besef en agiteer vir ‘n vryheidsideaal.

  • Wat dan van die Kleurling wat hom beywer vir Afrikaans? Wat van NasPers en enkele mak waghond-organisasies wat hulle beywer vir Afrikaans? Met ‘n glimlag van genoegdoening en ‘n bietjie leedvermaak kan die regse taalaktivis en volkstryder maar net kyk hoe hulle teen hulle eie beginsels en teen hulle eie beterwete ‘n saak bevorder waarin hulle nie glo nie. Afrikaans en volkskap is onlosmaaklik verbind, maak nie saak wat die pragmatiste en liberaliste wil probeer voorgee nie.

Portugees word bevorder deur die Portugees, nie deur die Portugeessprekende in Angola of Mosambiek nie. Frans word bevorder deur die Fransman, nie deur die Franssprekende Ivoorkusser nie. Die kern lê in Van den Heever se opsomming: “deur die letterkunde (van Afrikaans) kry ons bepaalde gedagtes en opvattinge, van rigtings en oortuigings – van westerse kultuur- en volkslewe”.

Afrikaans en volkwees is ten nouste verbind met die westerse lewensbeskouing; sy geskiedenis en kultuur is daarop gegrond; sy hele bestaanreg is daaraan gekoppel; sy westerse musieksmaak, kuns, godsdiens, sport en alle ander onderskeidende elemente van die Afrika-kultuur. Pragmatiste en liberaliste wat dit wil verontagsaam en wil minag is bloot idiote wat die idée napraat, maar nie die ideaal wil omarm nie.

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • google-plus-square
bottom of page