top of page

Regering swyg oor Operation Snooker en MTN

Hannes Engelbrecht

Twee maande gelede het Boere Krisisaksie (BKA) gewaarsku dat Sasol en MTN se betrokkenheid in Iran afstuur op ‘n groot ekonomiese terugslag en ‘n diplomatieke verleentheid vir Suid Afrika. Laasweek het die skote begin klap: Hilary Clinton, Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, het Suid Afrika gedreig met sanksies as die land nie voor 1 Julie olie-invoere deur Sasol uit Iran stop nie.

Maar selfs meer onheilspellend is die rol van die selfoonreus MTN – verlede week is ook ‘n klagte teen MTN ingedien deur Turkcell Iletism by ‘n streekhof in Washington, VSA. Die klagte teen MTN lees soos ‘n riller van korrupsie, omkopery, meeluistery, diplomatieke inmenging in buitelandse beleid en klandestiene wapentransaksies met Iran.

 

 

  • Turkcell beweer dat MTN se direksie onder voorsitterskap van die nimlike Cyril Ramaphosa, voormalige ANC-hoofbestuurslid (sien Voetnota 1: Direksie) die Suid Afrikaanse ambassadeur in Iran en die Iranese Minister van Buitelandse Sake omgekoop het om ‘n lisensie te bekom om in die land besigheid te doen. Turkcell eis $4,2 biljoen van MTN.

  • Die projek, genaamd Projek Snooker deur MTN, is gedryf deur die destydse hoof uitvoerende beampte Phuthuma Nhleko met die hulp van Irene Charnley (kommersiële bestuurder) en Sifiso Dabengwa (huidige hoof uitvoerende beampte).

Volgens hofdokumente het dit omkoopgeld ingesluit aan die SA ambassadeur in Iran, Yusuf “Jo-Jo” Saloojee en Iran se adjunk-minister van Buitelandse Sake, Javid Ghorbanoghli en het ook ingesluit Suid Afrika se steun aan Iran vir laasgenoemde se kernwapenprogram.

Ghorbanoghli, genoem  die kodenaam “Long John” is na bewering $400 000 betaal; en Saloojee, kodenaam “Short John” sowat $200 000.

 

 

  • In Junie 2004 het Saloojee Charnley en Nhleko by sy huis ontvang waar die omkopery na bewering bespreek is. Op 27 April 2007 het MTN ‘n betaling van $200 000 direk in Saloojee se bankrekening gedoen. In Mei 2005 het Charnley glo aan Ghorbanoghi die $400 000 beloof en dis goedgekeur deur Nhleko op 1 Desember 2006. Hierna het verskeie besoeke van top Iranese Amptenare aan Suid Afrika gevolg met die medewete van Ayatollah Ali Khameini en die president, Mahmoud Ahmadinejad.

  • Ali Larijani, toe sekretaris van Iran se Sekuriteitsraad, en Manoucher Mottaki, Iranse minister van Buitelandse Sake, het Thabo Mbeki besoek. ‘n Voorwaarde van die MTN-kontrak was dat Suid Afrika buite stemming sou bly tydens die Verenigde Nasies se bespreking oor Iran se kernwapenprogram – iets wat SA inderdaad gedoen het. Drie dae na die VN-sitting is die kontrak toe aan MTN toegeken.

  • Die eis teen MTN is by ‘n streekhof in Washington, VSA ingedien onder die Alien Tort Statute van 1789 wat Amerikaanse howe die reg gee om buitelandse sake aan te hoor oor kriminele bedrywighede van ander lande, insluitende menseregteskendings (BKA se bron).

  • Intussen is Amerika se dreigement om van 1 Julie af sanksies teen Suid Afrikaanse handelsbanke in te stel weens die Iran-debakel besig om ‘n geskarrel in die banksektor af te gee. Standard Bank, wat noue bande het met die MTN-direkteure en –groep plaas sedert verlede week volbladadvertensies in plaaslike koerante en het ook ‘n televisie-advertensieveldtog geloods om die dreigende krisis uit die media te hou. Nedbank het verlede week hulleself gedistansieër van die ANC-regering se politieke en diplomatieke beleid; en Absa het gister dieselfde gedoen.

Die finansiële implikasies vir Suid Afrika en MTN en Sasol in die besonder word tans stil gehou en van regeringskant is daar geen poging om die Suid Afrikaanse publiek in te lig oor die moontlike verknorsing waarin die land gaan beland nie. Ten spyte van die mediastilte het MTN se aandeleprys reeds met meer as 5% gedaal die afgelope week. Op diplomatieke vlak is dit ook duidelik dat die Weste se geduld op is met Suid Afrika na die debakel en selfs by die Afrika Unie moes die land se kandidaat, Zuma se voormalige vrou, die aftog blaas teen Nigerië en andere.

VOETNOTA 1: DIREKSIE: Cyril Ramaphosa (voorsitter), Alan van Biljon, Jeff van Rooyen, Alan Harper, Jan Strydom, Dawn Marole, Mfundiso Njeke, Koosum Kalyan, Azmi Mikati, Nkateko Magesa (direkteure). R Dabengwa (hoof uitvoerende bemapte). Nazir Patel (hoof finansiële beampte).

 

  • Ramaphosa was die ANC se hoofonderhandelaar by Kodesa in 1993 en ‘n gewone vakbondleier van NUM. Na drie jaar as minister het hy in 2000 die Shanduka Groep gestig en hou nou aandele in Bidvest, Standard Bank en Coca Cola Shanduka. Sedertdien het hy ontpop in ‘n sakeman met bates ter waarde van $275 miljoen, wat hom die twaalfde rykste man in Suid Afrika maak.

  • Jeff van Rooyen is die HUB van Uranus Investment Holdings en ‘n voormalige president van die Association for the Advancement of Black Accountants.

  • Dawn Marole is ‘n direkteur van African Bank sedert 2003.

  • Koosum Kalayan is ‘n Indiese sakevrou met direkteurskappe van MTN, Standard Bank, Petmin Ltd, die SA Reserwebank en die SA Munt.

  •  Alan Harper is HUB van Eaton Telecom en was tot 2007 in diens van Vodafone United Kingdom Ltd.

  • Jan Strydom is ‘n vennoot in Strydom Incorporated en ‘n lid van die Spesiale Inkomstebelastinghof vir belastingapèlle. Hy is ook ‘n direkteur van Growthpoint Properties en van die Public Investment Corporation.

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • google-plus-square
bottom of page