top of page

Die naelstring tussen Vlaming en Boer

Hannes Engelbrecht

Terwyl ons toenemende steun uit alle wêrelddele begin kry teen die volksmoord op wittes en ons reg tot selfbeskikking is daar veral een volksgroep wat die Afrikaner/Boer onvoorwaardelik steun: Vlaandere.

Van waar kom hierdie toegeneentheid van Vlaminge teenoor die Afrikaner? Eerstens het hulle eerstehandse kennis van Afrika met ‘n bitter geskiedenis van die Mau Mau en uhuru in die destydse Belgiese Kongo.

Tweedens, en die belangrikste, is dat Vlaandere en die Afrikaner/Boer byna sy aan sy ‘n stryd gevoer het teen taal- en volksverdrukking. Die toevalligheid dat albei tale van dieselfde taalfamilie afstam, maak hierdie twee stryde net groter genote.

  • Terwyl die eerste Afrikaanse Taalbeweging aan die gang was om te stry teen Engelse oorheersing, het Vlaandere ook sy stryd aangeknoop teen die Franse deel van België. Volgens Paul Fredericq en Dosfel was die Vlaamse Beweging ‘n verdedigende refleksbeweging teen die ondergang van die Vlaamse volk.

Met die koppeling van Afrikaans as bevrydingstaal vir die volk in Suid Afrika sedert 1902, beskryf Lamberti hoe die Vlaminge sedert 1900 ook die “Vlaamschzijn” aan hulle taal gekoppel het om uiteindelik uit te loop op ‘n eie Vlaamse staatsmag.

  • Meer nog – albei groepe het in daardie stadium uit ‘n toestand van taalverval gekom waar die etniese tale verdring is deur enersyds Engels en andersyds Frans. “Het Vlaamsche verval is in hoofdzaak een periode van geestelike onvrugbaarheid geweest”, kan net so van toepassing op Afrikaans gemaak word. Van den Heever beskryf dit so: “Wanneer ons oor verraaiers, renegate en vlae begin skryf, rym en dig ons nie meer nie”.

Uit hierdie verval het toonaangewende skrywers die twee tale Afrikaans en Vlaams sy aan sy mettertyd begin vestig. In Vlaandere het die groot Wes-Vlaamse digter Guido Gezelle se werk as volksskrywer ook Afrikaanse skrywers soos Jan FE Celliers en Totius begin beinvloed. Totius was op daardie stadium in Nederland en Leipoldt het vanuit Londen die Vlaamse skryfkuns omarm.

 

 

  • Asof met ‘n onsigbare koord verbind het Vlaming en Afrikaner langs mekaar in twee rigtings begin ontwikkel: “Bij het ontstaan… werkte het gevoel vooral… en werd inzonderheid op die historisch-nationale waarde van onzer taal gewezen. Het volgende geslacht gaf ons letterkunde… en dan een bloeiende letterkunde maar ook een wetenschap. Het verstand voegde zich bij het gevoel”. Hierdie woorde oor die Vlaamse Beweging kan net so, woord vir woord, op die Afrikaner/Boer se taal- en volksbeweging van toepassing gemaak word!

  • Terwyl Vlaams en Afrikaans dieselfde oorgang van geskiedenis-romantiek gemaak het na werklikheid, het daar ‘n nuwe beginsel bygekom: beide tale en volke as houers en behoeders van die westerse lewensbeskouing, soos Vermeylen sê: “om ‘n geestelike belewing te onthul in ‘n styl… met ‘n behoefte aan suiwerheid van woord, van beeld en van idée”. Byna op dieselfde tydstip vind die Vlaming en Afrikaner/Boer wasdom dus in volkskap met ‘n eie taal, lewensbeskouing, eie westerse uitvoerende en beeldende kunste, eie kultuur.

De Raet het hier Vlaminge aangemoedig om te besef dat dit nie nou net meer oor taal en letterkunde gaan nie, maar dat dit nou inderdaad die volwassenheid is van ekonomie, volkskap, tegnologie, onderwys en ook die materiële kant van volkskap – presies soos in Suid Afrika!

  • Laastens – en dis waar beide die Vlaming en die Afrikaner/Boer hulle tans bevind – klink Lamberty se Vlaamse aanmoediging ook vir ons as ‘n slagkreet teen die Afrika-oorheersing: “Het ging hier niet om een strijd tussen twee twee talen… maar om de stryd tusschen twee cultuurwaarden, tussen twee geestelijke aantrekkingskrachte…”

Dan sluit hy af: “Die oorwinning moet kom, want… dit gaan oor wie die grootste aantrekkingskrag het van vorm, kleur en inhoudsrykdom… wie die hoogste waardes het”.

WAAK TEEN SOSIALE VERVLAKKING

“Human beings are self-interpreting beings. The beliefs that human beings have about themselves and others are constitutive of the actions, practices and institutions that make up social and political life” – RICHARD BERNSTEIN

 

Enigeen wat dit ontken dat daar ‘n geweldige vervlakking in ons sosiale en politieke lewe ingetree het sedert 1994 leef in ‘n gekkeparadys. Oor die bedenklike politieke toestand van Suid Afrika kan daar daagliks gelees word, maar oor die sosiale tragedie wat ons land getref het (en spesifiek ons as Afrikaner/Boer) word daar nooit ‘n woord gerep nie.

  • In die verlede was die kerk en skool op die platteland die bymekaarkomplek van die “naastes”, die familie, volksgenote en taalgenote. Dit het dramaties verander die afgelope twintig jaar: Afrikaanse skole is onder ons sosiale sfeer uit getransformeer en op die meerderheid kleiner dorpe bestaan daar nie eers meer Afrikaaanse/Afrikaner-skole nie. Dieselfde het met kerke gebeur – die agteruitgang in lidmaattalle van kerke is daar vir elkeen om te sien. Van die georganiseerde volkslewe rondom politieke party, boerevereniging, kultuurorganisasie en selfs instellings soos kooperasies en banke is daar weinig oor.

  • Voor 1994 was die onderwysstelsel ook geskoei op “opvoeding” tesame met “onderwys”, gerugsteun deur ‘n breë verwysingsraamwerk rondom geskiedenis, biologie, landsdiens, sport, kultuurbedrywighede. Die standaard van die onderwys was beinvloed deur die westerse standard en interaksie tussen leerlinge is so ver moontlik aangemoedig op die terreine van onderwys, kultuur en sport.

  • * In die werkplek het persoonlike aanspreeklikheid en uitnemendheid wat gesorg het vir innovasie op alle terreine gaandeweg die afgelope twintig jaar plek gemaak vir die Afrika-kultuur van kollektiewe bedinging en kollektiewe aanspreeklikheid. Van ‘n hartoorplanting, olie uit steenkool, ‘n wêreldleier in wapenontwikkeling, ‘n Koeberg Kragstasie, ‘n Mark Shuttleworth het niks oorgebly nie. Klakkeloos volg ons net die nuutste tegnologie uit die weste sonder dat ons self ‘n noemenswaardige bydrae maak.

  • Op sosiale vlak is daar ‘n vervreemding van gesins- en familielewe wat mense as individue laat, met ‘n ooreenstemmende toename in egskeidings, geslaglose samelewings, onbekende bure…

WAT IS DIE TEKENS VAN SOSIALE VERVAL IN ‘N SAMELEWING?

  • Geisoleerde mense sonder gesins-, familie- en vriendeverband identifiseer al meer met goedkoop sepies soos 7de Laan en aanvaar dit is hoe normale mense veronderstel is om op te tree. Werklike substandard-programme op byvoorbeeld KykNet en sub-standaard beriggewing in Afrikaanse koerante en tydskrifte word maar goedsmoeds aanvaar as die “norm”, want daar is geen ander alternatief nie.

  • Goedkoop “kuns” soos die Zuma-skildery, wat maar net ‘n swak nabootsing is van ‘n Lenin-afbeelding, maak mense se verbeelding gaande en word tot vervelens toe bespreek.

  • Swak kunstenaars met verbeeldinglose musiek verkoop derduisende albums net omdat hulle darem nog aan die onderbewuste kudde-instink van “Afrikaans” herinner.

  • Mense se algemene kennis verskraal tot net hulle werkplek en lewensruimte. Selfs die kernwetenskaplike kan kwalik sinvol praat oor enigiets anders as net sy werk, sy salaries en sy motor.

  • Mense wat in enige normale westerse samelewing hoogstens verdra sou word as randfigure of kuriositeit, word maar verdra om hulle persoonlike afwykings, geslagsvoorkeure, politieke idees en somtyds versteuringsverdrag voor te hou asof dit die normale is. So vind jy belaglikhede soos ‘n Goth wat NG-predikant wil word; ‘n gay persoon wat huweliksberader is; ‘n paneelklopper wat lekeprediker word en sy eie kerk het; ‘n brandewyn-boer wat poseer as politieke leier. Jy kry sangers wat honderd CD’s verkoop wat outoriteite is oor die musiekbedryf; skrywers wat 100 eksemplare verkoop wat die literêre debat lei; koerantskrywers wat nie eers die basiese beginsels van sy vakgebied ken nie.

  • Sektes en vreemde organisasies toon ‘n groei omdat die vervlakking van die individu en die gebrek aan “kudde”-gevoel deur hulle uitgebuit word. Die ou volksspreuk van: “Selfs ‘n dr*l trek dertig brommers”.

In kort kom dit daarop neer dat alles wat “kommin” is, goed is, want mense weet nie meer van beter nie.

WAAR STAAN ONS VANDAG?

Daar is geen twyfel dat daar ‘n “komminheid” plaasgevind het nie. Dit is veral merkbaar onder daardie mense wat totaal weg is uit die gesins-, familie- en volkslewe en as individue poseer. “Komminheid” en vervlakking gedy daar waar daar nie die res van die trop is om as rigtinggewer op te tree nie. Vervlakking gedy daar waar mense uit verskillende kringe nie meer hulle verskillende ervarings deel tot verbreding van almal se algemene kennis nie. Vervlakking gedy as ouers dink hulle kinders se ontwikkeling draai net om skoolvakke soos Wiskunde, Wetenskap en Rekenaarstudie sonder enige toegevoegde waarde van opvoeding nie.

Facebook is nie die ideale medium om die vervlakking te stop nie, maar by Boere Krisisaksie (BKA) besef ons ook dat dit ‘n nuttige medium is om ons lede se wye ervarings te deel, algemene kennis oor aktuele sake uit te brei, ons lede so ver moontlik soos een groot familie te laat voel. Want die hel alleen weet – as ons dit nie doen nie is daar van hierdie volk oor twintig jaar niks anders oor as net ‘n klomp ongeletterde, “kommin” individue wat heeltemaal uitgelewer is aan die Afrika-kultuur nie. Mag God ons daartoe help.

bottom of page