top of page

TERRORISME – is dit ‘n opsie?

Hannes Engelbrecht

Een man se terroris is ‘n ander man se vryheidsvegter. Terrorisme teen landsregerings is nie ‘n nuwe tendens nie – reeds in Bybelse tye was die verwagting in soveel woorde dat die Messias ‘n terroris sou wees wat die onderdrukkende wêreldregering sou onderwerp.

Dwarsdeur die geskiedenis het elke landsregering wat met gewapende opstand te doen gehad het, die opstandgroep beskryf as “terroriste”. Dit is dus nutteloos om onderskeid te tref tussen die terme “terroris” en “vryheidsvegter”, want die term word bepaal vanuit die ideologiese hoek waaruit dit beskou word. Die Verenigde Nasies het wel probeer om die onderskeid te tref deur ‘n “vryheidsbeweging” te beskryf as ‘n groep wat in gewapende opstand slegs die landsregering se instansies en stelsels aanval en nie burgerlike teikens nie.

Dieselfde Verenigde Nasies het eenparig (met Australië se enkele teenstem) minderheidsgroepe se basiese reg op selfbeskikking erken.

 

 

  1. SELFBESKIKKING: Die Afrikaner/Boer het volgens alle internasionale reëls en wette ‘n onvervreembare reg tot selfbeskikking met betrekking tot sy lewensbeskouing, kultuur, taal, geskiedenis en etniese eienskappe. Die vraag: Is die reg tot selfbeskikking ‘n rede tot gewapende opstand teen die ANC-regering van Suid Afrika?

  2. 1.1 CICERO het reeds geskryf ”Salus populi suprema lex esto” (die veiligheid en beskerming van mense is die hoogste van alle menslike wette). Waar ‘n minderheidsgroep of etniese groep disproporisoneel aangeval en vermoor word, het die Afrikaner/Boer nie net die reg nie, maar die verpligting, om daardie aanvalle en moored teen te gaan met optrede. In die woorde van die Talmud: “As een kom om te moor, wees haastig en vermoor hom eerste”. Grotius het dit beskryf as “nie omdat die ander verkeerd doen nie, maar omdat ek die reg uit die natuur het om my eie te beskerm”. John Locke het dit gestel as “jy ‘n leeu of tier doodmaak wat jou mense se veiligheid bedreig is dit geregverdig – as ‘n regering jou mense onderdruk het jy dieselfde reg om die diersheid te beveg”.

1.2 ALEKSANDRE SOLZENITSYN het die morele kwessie van terrorisme aangespreek: “Terroriste moet nie gesien word as bedreigers van die vrede as hulle in die eerste plek daartoe gedryf is deur jarelange onderdrukking en onregverdigheid nie”. Hiervolgens is terrorisme dan:

- die oorlogsopsie van desperate wat geen ander uitweg het nie;

- die oorlogsopsie van ‘n groep teenoor ‘n ander groep;

- die oorlogsopsie van geselekteerde politieke en militêre teikens.

1.3 DIE VERENIGDE STATE, as verlengstuk van die westerse samelewing, se wetgewing teen terrorisme is gebaseer op vyf beginsels:

- Die aksie wat geneem word deur ‘n legitieme landsregering teen van sy burgers;

- “A just grievance”; ‘n geregverdigde grief deur ‘n burgerlike groep/etniese groep;

- Alle ander uitweë en oplossings val op dowe ore;

- Daar is ‘n groot moontlikheid dat die terroriste-aksie tot sukses sal lei;

- en die einddoel sal meer goed as kwaad inhou.

As die bogenoemde argumente beoordeel word, is dit duidelik dat:

 

 

  • STAATREGTELIK en volgens internasionale konvensies die Afrikaner/Boer ‘n reg tot selfbeskikking het;

  • MOREEL, sosiaal en godsdienstig gesproke die Afrikaner/Boer die reg het om hom te beskerm teen volksmoorde en aanvalle; asook diskriminerende praktyke soos regstellende aksie, BEE en kwotas;

en dat dit, hetsy as “terroris” of “vryheidsvegter”, DIT UITEINDELIK AS ALLERLAASTE OPSIE gebruik kan word as daar geen ander remedie ten opsigte van moorde/aanvalle en selfbeskikking vanaf die ANC-regering se kant kom nie.

 

KAN DIE AFRIKANER/BOER ‘n terroris wees?

Alhoewel die Afrikaner/Boer baie terroriste-tegnieke vervolmaak het (“Veg en vlug” tydens die Boere-oorlog, “Vuur en beweging” tydens die Boere-oorlog, “landmyne” teen aanvallende Duitse tenks in die Wêreldoorlog, en honderde tegnieke tydens die Bosoorlog) is dit belangrik om daarop te let dat in al die konflikte die Afrikaner/Boer opgetree het uit ‘n bemagtigde posisie, naamlik as ‘n regering of as deel van ‘n geallieërde mag.

Die enigste noemenswaardige gewapende opstand deur ‘n burgerlike groep was die Rebellie in 1914 en die Ossewa Brandwag in 1942. Albei het tot ‘n groot mate misluk, maar het die politiek van die dag drasties verander.

  1. FINANSIëLE en logistieke steun: Suksesvolle terroriste-organisasies het internasionale steun op finansiële en logistieke gebied. Die ANC self het byvoorbeeld swaar gesteun op die Oos Blok-lande, enkele Europese lande en Afrika.

Oorsese finansiële en logistieke steun is die Afrikaner/Boer nie tans beskore nie. Daar is wel ‘n groeiende begrip uit Vlaandere, Frankryk, Amerika, Griekeland en Duitsland, maar voordat die ondersteunende groepe in daardie lande nie die regerings van die lande vorm nie is daar geen bemagtigde groep/staat wat hierdie steun kan lewer nie.

Die alternatiewe bron vir ‘n terroriste-organisasie is om eie finansiële bronne te ontgin (soos die Ierse Republikeinse Leër, die Baader-Meinhoffs en andere). Dit sluit in bankrowe, outomatiese tellermasjiene, afpersing, geld-in-transit rooftogte, seerowery.

  1. WAPENVERKRYGING: ‘n Terroriste-organisasie het nie net kleingeweer en handwapens nodig nie. Studies deur Ketcham en McGeorge in die VSA het gewys dat ‘n terroriste-organisasie slegs suksesvol kan wees met ‘n volle arsenal wat insluit:

- meganiese toestelle, insluitend personeel-, kleef- en landmyne, afstandbeheerde toestelle, omgeskakelde gebruikstoestelle soos televisiestelle en mikrogolfoonde.

- kleingeweer soos handwapens wat eintlik net in ontvlugtingsoperasies en sluipmoorde gebruik word.

- Plofstof en ontstekers.

- Skoktoestelle soos RPG’s wat panserstaal en mure kan binnedring.

- Chemiese en biologiese wapens.

- Kernwapens wat as afskrikmiddel gebruik kan word.

 

Kan die Afrikaner/Boer ‘n vryheidsvegter of terroris wees?

 

 

  • INCOGNITO: Die vryheidsvegter/terroris is nie ‘n bebaarde man wat in die openbaar sy “troepe” in uniform klee op opleidingskampe aanbied nie. ‘n Terroris beweeg incognito onder ‘n vals naam indien moontlik, sonder naspeurbare kommunikasiemiddels soos ‘n selfoon, sonder naspeurbare adres, sonder bankrekening, sonder geregistreerde voertuig. Die man wat in die openbaar opereer of sonder veiligheidsmaatreëls is ‘n aktivis, nie ‘n terroris nie. Dit is belangrik dat organisasies soos die AWB, Suidlanders, Kommandokorps en andere nie as terroriste-organisasies gesien word nie, maar as aktivistiese weerstandsbewegings. ‘n Vryheidsvegter in ‘n gewapende opstand vermy juis publisiteit of enigiets wat hom/haar kan ontbloot as terroris.

  • INTELLIGENSIE: Die ou SA Weermag het na deeglike navorsing die laagste IK vir ‘n voornemende recce vasgestel op 108. Die ware vryheidsvegter word nie net deur ideologie en beginsels aangedryf nie, maar moet die intelligensie hê om ‘n operasie te beplan, te evalueer en uit te voer. Veral in Moslemlande word groot klem gelê op intelligensie en anders as wat verwag word, word die “terroris” gewerf op universiteitskampusse en in professionele beroepe.

  • KUNDIGHEID: Die terroris ‘s ‘n spesialis op sy gebied, hetsy as wapendeskundige, tegnoloog, wetenskaplike. Die “voetvolk” of “draers” is die “expandable idiots” wat net uiteindelik die daad moet uitvoer, gewoonlik met noodlottige gevolge vir homself, soos die dood of lang tronkstraf.

  • KRIMINALITEIT: Die suksesvolle terroris het geen respek vir enige van die wette van ‘n verdrukkende regering nie. Diefstal, roof, moord en selfs geringe wette word met minagting behandel in die groter ideaal van die vryheidsorganisasie.

  • LOJALITEIT: Die lojaliteit van ‘n suksesvolle terroris is onbesproke – nie ‘n lojaliteit teenoor ‘n leier nie, maar ‘n lojaliteit teenoor die ideaal. Male sonder tal het ons al in Suid Afrika onder sogenaamde “verregse groepe” gesien hoe persoonlike botsings tussen lede lei tot “snitches” en verraad (Lees die Sondag elke week vir voorbeelde). Terwyl Castro en Guevara soos kat en hond verskil het, was hulle gebonde aan hulle ideaal in Kuba. Die IRL is gekenmerk deur hewige binnegevegte, maar in die stryd teen Brittanje was die lojaliteit teenoor die ideal deurslaggewend. Op plaaslike bodem was De la Rey, De Wet en Beyers geen bloedbroers nie, maar tydens die Boere-oorlog en Rebellie was die lojaliteit teenoor die ideal samebindend.

 

SLOTOPMERKINGS: Daar is natuurlik moedeloosheid onder die Afrikaner/Boer oor die miskenning van sy selfbeskikking en die etniese diskriminasie teen sy volk. Daarby saam is dat die staatsreg en internasionale reg en alle morele en godsdienstige gronde die Afrikaner/Boer ondersteun in sy strewe na vryheid en veiligheid.

Dit is baie duidelik dat ‘n vryheidsorganisasie veel meer behels as net aktivisme. Of die Afrikaner/Boer daartoe in staat is sal net die tyd leer. Dit is ook belangrik om daarop te let dat ‘n terroriste-organisasie se werkswyse heeltemaal verskil van ‘n spontane volksopstand. ‘n Spontane volksopstand soos in Egipte stel egter weer ander uitdagings – eerstens getallegewys waar die mense wat betrokke is by die opstand eensgesind optree en so baie is dat die polisie en weermag dit nie kan hanteer nie. Daaroor gesels ons ‘n volgende keer.

VROUEMAAND: AL TREK DIE LEUEN SO SNEL…

More is dit Vrouedag. Op televisiekanale wemel dit uitasem van van die “brawe vroue van die ANC” wat ‘n optog gelei het teen die Paswette. Hierdie voorval wat voorgehou word as die edele verpersoonliking van “Vrouedag” en “Vrouemaand” in die nasionale media is sekerlik een van twee dinge:

  • Of die media is besig met grootskaalse indoktrinasie en propaganda;

  • Of deesdae se joernaliste is pleinweg onnosel en oningelig.

Dit is goed dat ons kinders sal weet wie die voorlopers was van vroueregte in die HELE WêRELD: DIE BOERVROU!

Nog lank voor vroue elders in die wêreld hulle bra’s sou verbrand en optogte hou vir vroueregte, was dit die Boervrou wat haar plek opgeeis het. Dit is opgeteken in geskiedenisboeke wêreldwyd en iets wat nooit van ons Boervroue weggeneem kan word nie. Hiermee was sy haar tydsgenote van die hele wêreld lank vooruit.

  • Reeds tydens die Vryburgers se opstand teen WA van der Stel in 1707 het die Duitser Johannes Starrenburg geskryf: “Die vroue is net so gevaarlik soos die mans”! Die Duitser was nes die Britte en Nederlanders gladnie voorbereid op die Boervroue se aggressiewe politieke gedrag nie en dit het groot opslae gemaak in Europa.

  • In 1802 het die Brit Robert Semple verbaas opgemerk dat die Boervroue “hulleself ag as die man se gelyke, dinge reguit op die naam noem en hulle gladnie steur aan die Engelse dames se “English ideas of decency and propriety” nie.

  • Met die regmaak vir die Groot Trek van 1838 skryf ‘n Engelse joernalis: “Die vroue is meer begeesterd as die mans”.

  • In die Republiek van Natalia ruk die vroue in 1842 na Pietermaritzburg se parlement op en eis woedend die bedanking van die volksrepubliek se Volksraad omdat hulle ‘n besluit geneem het om hulle aan Brittanje te onderwerp. Hiervandaan gaan konfronteer hulle die Engelse amptenaar Henry Cloete onder leiding van ‘n vurige Susanna Smit (eggenote van Voortrekker eerwaarde Erasmus Smit) – hier eis hulle die eerste keer in die wêreldgeskiedenis VOLLE STEMREG VIR VROUE. Dit is daar waar Susanna Smit haar beroemde woorde gesê het dat die Boervrou eerder weer blootshoof en kaalvoet oor die Drakensberge sal terugloop na Vryheid as dat hulle hul sal onderwerp aan Britse gesag!

  • * Stadigaan begin vroueregte in die wêreld posvat, maar Olive Schreiner (die skrywer van An African Farm) merk in 1890 leedvermakerig teenoor Europese vroue op: “Die vroue in Suid Afrika het lankal bereik waarvoor die vroue van Brittanje nog veg – om sy aan sy met haar man te staan”.

  • Oor die Boervroue wat tydens die Anglo-Boereoorlog sy aan sy geveg het (onder andere die Amazone-kommando), die lyding in die konsentrasiekampe, die leiding in die Bittereinderbeweging en die rol wat Nonnie de la Rey, Johanna Brand en andere gespeel het is daar al baie geskryf. Dit is in 1900 bevestig met die woorde van die geskiedkundige GM Theal: “Die Boervroue is die mees verbete voorstaanders van ‘n oorlog vir Vryheid tot die bitter einde”.

  • Generaal JBM Hertzog het in 1910 tydens ‘n groot volksvergadering gesê: “Die vroue voel meer as die man oor taal, kultuur en tradisie”.

  • Die grootste oomblik in die saamstaan van Boerevroue was egter in 1915 tydens die Rebellie teen Britse oorheersing: 4000 Afrikanervroue het in ‘n protesoptog opgeruk na die Uniegebou in Pretoria. Hertzog het hierop lakonies opgemerk: “Miskien was die vroue die grootste Rebelle”.

Historici wys ook daarop die die bevryding van Boerevroue ligjare voor die res van die wêreld was: reeds in die 18de eeu was hulle volskaalse lidmate van die kerk; die Romeins-Hollandse reg wat gegeld het is aangepas om Boervroue die reg tot grondbesit te gee en die reg tot egskeiding. Die Boere se regstelsel het in skrille kontras gestaan met die verouderde Engelse reg. Dat die verandering onder Britse voogdyskap hard op die Boervroue was, het die skryfster ME Rothman (MER) in 1922 laat sê: “Ons is ‘n oorwonne volk en ons voel dit”. Dit het egter nie die Afrikanervrou ondergekry nie – met die oorwinning by die stembus in 1948 was dit weer die vrou wat jubelend die strate van Pretoria ingevaar het!

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • google-plus-square
bottom of page